Friday 20 May 2011

Lindi & Stephan - 'n Couple soos min!

My eerste "Real Wedding"!!

Dit is die troue van Lindi & Stephan de Beer, 'n couple wat ek in my tydjie in Londen ontmoet het. Fantastiese mense!! Lindi en Stephan is een van die gelukkige couples wat "Love at first sight" ervaar het. Van drama met die trourok na pret met die verloofring, 'n storie wat elke meisie sal laat lag en maak besef daar is tog so iets soos "Love at First Sight".

Jammer vir die baie foto's, maar ek kon net nie minder kies nie!




























Julle liefdes storie; hoe het julle ontmoed

Ek (toe 17) en my vriendin was die aand in Edward Street in Durbanville. Toe ons oppad was na die volgende kuierplek, loop ek (letterlik) vas in 'n ou wat ek 'n stukkie mee aangehad het 'n paar maande gelede. :) Hy is toe saam met sy vriend Julian. Ons besluit toe om saam na die volgende plek te gaan vir 'n drankie en Julian nooi ons toe sommer dadelik na sy 21st toe die volgende aand. En en my vriendin Sumé daag die volgende aand by die party op by sy ma-hulle se huis in Table View. (my ma & pa het 'n hele roadtrip daaruit gemaak om ons te vat,want nie een van ons het toe al 'n lisensie nie). Kom daar aan en daar is hordes mense!!! Musiek pomp....gaan toe in en word aan almal voorgestel...onder andere Stephan (toe 21). Met almal gechat en later die aand staan ek en Stephan en nog twee mense in die kombuis en chat en lag ons dood vir ure!! Ek was toe dadelik verlief!!! Toe ek die aand huis toe gaan het ek vir my ma 'n foto van hom gewys en vir haar gesê 'Dit is Stephan de Beer...ek gaan eendag met hom trou'....ek het net GEWEET...Sy persoonlikheid, die feit dat hy my uit my maag uit kan laat lag en sy stunning groen oë en alles tussen in is net super sexy!!! ...sy ma-hulle het daardie tyd in Upington gebly en hy het ook toe vir hulle gesê dat as hul die volgende naweek afkom gaan hy hul voorstel aan Lindi, sy trouvrou. Dit was gedurende sy eksamens op Stellenbosh (hy was toe 3de jaar Wingerd en Wynkunde) so ons het mekaar baie min gesien maar elke dag gepraat en net meer en meer verlief geraak!! Ons was van die begin af beste vriende ook...hy is nou nog my BESTE vriend.
Toe ons 3 jaar saam was (ek 20 en hy 23) is ons Engeland toe vir 'n jaar en 'n half - moes baie geld spaar om ons studie lenings af te betaal - Ek het Toerisme geswot en Stephan het groot skuld gehad a.g.v sy graad in Wingerd en Wynkunde. Ons het so gegroei as persone en as couple in Engeland!!!! Ek glo dis 'n MOET vir 'n couple om te probeer oorsee gaan vir ten minste 'n jaar saam. Jy leer so baie van mekaar (goed en sleg) en as jul verhouding dit kan oorleef kan dit enige iets oorleef.
Toe ons terug kom SA toe het ons werk gesoek. Ek het werk gekry in die Kaap (middestad) as 'n Stylist Representative. Na 'n maand toe kry Stephan die pos by Twee Jonge Gezellen in Tulbagh waar hy vandag nog Krone Borealis en Krone Rosé Method Cap Classique (vonkel wyn) maak. Na 3 maande kry ek toe ook werk in Tulbagh en trek toe onmiddelik om saammet hom te wees. Ons bly nou al twee en 'n half jaar in Tulbagh - ons het twee PRAGTIGE fluffy kinders (Bella - Border Collie cross en Juno - 'n Rifrug)...my hart se punte!!!!!!!

Waar het julle getrouOns het in Riebeek Wes getrou by die Riebeek Valley Hotel - beautiful, gorgeous plek!!!!! Kon nie 'n beter venue gekies het nie. Was so "ons"....ek was trourok en al later in die swembad saam met die ander gaste!!! HEEERLIK!!
Trou datum
27 November 2010
Wie het julle fotos geneemMy suster, Odette Howell, het ons foto's geneem - sy is 'n genie as dit kom by foto's - ek kon nie gelukkiger gewees het nie!!!!!

Watse liedjie het julle die dansbaan geopen

I.p.v die trou mars het ek ingestap op 'At Last' van Etta James.....ons het die baan geopen op Bruno Mars se 'Just the way you are'.
Waar het jy jou trou rok gekryEk is glad nie 'n 'girly girl' nie so het nie 'n clueeee gehad wat ek wou hê nie....ek het 100de trourokke aangepas ORALS by elke winkel en het so 'restricted', ongemaklik en vreemd gevoel in almal. Ek besluit toe om Bride & Co toe te gaan en begin hul bridesmaid rokke aan te pas....die tweede een was SOOOOO ek en dit was sooo gemaklik en plain. Die probleem was...dit was in BLOU!!! Die bestuurder sê toe hul kannie die rok laat maak in 'n ander kleur nie en dis 'n rok wat discontinued is anyway....ek raak toe soooo hartseer, want dink toe ek moes van voor af begin soek....MAAR toe besluit ek om die hoofkantoor te bel en smeek hul toe om die rok vir my te laat maak in 'Ivory'...nadat ek met seker 8 mense gepraat het sê hul toe dis reg hul sal dit as 'n uitsondering vir my doen. Toe ek die eerste keer die rok aantrek toe voel dit net perfek!!!! Ek sou geen ander rok gekies het nie al het ek al die geld in die wêreld gehad!!!

En natuurlik, hoe het hy propose!
Ek was drie maande lank in Tulbagh en het op daardie stadium by 'n ander hotel gewerk as waar ek nou werk en het op daardie stadium net een naweek 'n maand afgehad. Stephan het dit toe in sy kop dat hy op daardie naweek in Februarie 2009 vir my sy verloofde wil maak. Hy het 'n ring laat maak in die Kaap - self die diamant uitgekies en die 'setting' ens. Die ring sou die Vrydag klaar gewees het maar toe hy Vrydag bel om te laat weet hy kom haal dit nou toe sê hul 'Jammer meneer, maar die ring maker was siek - dit gaan nou eers Maandag klaar wees'.....maar 'n boer maak mos 'n plan...hy gaan help toe nog daardie oggend vir my broer trek en hy, my broer (6 jaar ouer as ek) en my suster (10 jaar ouer as ek) hardloop toe die hele Kaap deur opsoek na 'n 'fake' ring wat hy net die ja woord kan vra. Op die ou end het hy sy ring - 'n lucky packet plasiek ring vir kinders met 'n huge blou plastiek 'diamant'..........


........so is ons die naweek na my ma-hulle toe in die Kaap en hy sê dat ek en hy moet die Saterdagoggend bietjie iets doen....so vat ons toe die pad Paarl toe na Fairview en koop lekker kase - stop by die Spar en koop ander snackies vir ons piekniek mandjie....ons gaan piekniek toe by die pragtigste dammetjie met eendjies en ganse in die Paarl naby die rietdak kerkie. So romanties. Lekker gelag en die volgende oomblik gaan staan hy op sy knie en begin vir my te vertel hoe vreeslik lief hy vir my is en vra toe of ek met hom sal trou. Net soos ek wou 'Ja' sê hoor ons net 'kha kha kha' agter my en die volgende oomblik val daar 'n 10 meter lange boom op die huis se muur oorkant die dam!!!!! Daar is 'n sê ding dat as 'n man trou dat ''n groot boom geval het'....en net daarna lui die kerkklokke!!!!! Dit was awesome!! haha...en toe sê ek
JAAAAAAAAA!!!!!!!

No comments:

Post a Comment